Dit was die woorde van Jeanette Esau tydens 'n Persone met gestremdheid-program met die tema Jy is kosbaar en waardevol op Donderdag, 16 Oktober by die Thusong Sentrum.
Hierdie program was 'n gesamentlike inisiatief van die Hessequa Munisipaliteit, Departement Maatskaplike Dienste, die Vereniging vir Persone met Gestremdheid (APD), ACVV Riversdal en Kindersorg Riversdal.
Die fokus van die program het uitsluitlik geval op persone met gestremdheid, wat nog nie aan sulke inisiatiewe blootgestel was nie.
Die uitvoerende burgemeester, rdl Emor Nel het in haar verwelkomingsrede benadruk dat ons mekaar altyd nodig het en het H Hoogbaard van Slangrivier se lied pragtig daarby aangesluit: "Ek sal jou nooit, nooit verlaat nie, Ek sal vir altyd met jou wees. Waar jy net een ry spore sien My kind, dit was toe Ek jou dra!"
Die twee gassprekers, Werner Moller en Sharon du Toit, het met baie emosie en humor hul lewensverhale met die verteenwoordigers gedeel. Moller het onder andere gesê dat gestremdheid nie 'n doodstraf is nie. "Aanvaar jou gestremdheid en werk hard. Onthou die grootste van alles is geloof, geloof, geloof! Geloof in jouself en geloof in God," het hy bemoedig.
Du Toit het op haar beurt ouers wie kinders of persone met gestremdheid het, bemoedig met die woorde:"Dis nie maklik om iemand te versorg met 'special needs' (gestremdheid) nie.
"Ons moet 'n onwrikbare geloof hê en bly glo: Jy is tot alles in staat deur Christus wat jou krag gee. Moenie moed opgee nie!"
Sedert die raad aan die Departement Gemeenskaps Ontwikkeling, onder leiding van Chris Onrust, die mandaat gegee het om Persone met Gestremdheidsforum as 'n sub-forum te bestuur, was daar al verskeie inisiatiewe, onder andere 'n Persone met Gestremdheid Werkswinkel wat aangebied was; persone met gestremdheid wat deel was van die 16 Dae van Aktivisme program op Albertinia verlede jaar en die daarstel van 'n datalys oor persone met gestremdheid.
Die vermelde organisasies het onder leiding van die Departement Maatskaplike Dienste se Lizelle Fredericks byeengekom en 'n aksieplan opgestel oor wat vir die res van die finansiële jaar beplan word.
Die munisipaliteit het ook daarin geslaag om op 11 September 'n Hessequa Gemeenskaps Ontwikkelings Beraad te hou, waar 'n Interim Adviesforum aangewys is.
Hier sal verskeie komponente van Sosiale Ontwikkeling verteenwoordig wees, wat insluit Persone met Gestremdheid en is Jeanette Esau die verteenwoordiger vir Hessequa.
Susanna Vermeulen het die program afgesluit deur met passie en groot waardering al die rolspelers, deelnemers, gaste en vriende te bedank vir die sukses van die dag.
Klik hier vir 'n vorige nuusflits.
Klik hier vir 'n fotogalery.

Gaste luister aandagtig by die geleentheid.

Van links agter staan Jeanette Esau, H Hoogbaard, Sharon du Toit, Lizelle Fredricks, Susanna Vermeulen en René Saayman. Voor is Coreen Jansen van Rensburg en Gerda Antha.
ARTIKEL EN FOTO'S: WILMA ADAMSON, SUID-KAAP FORUM-REDAKTEUR
'Ons bring jou die nuutste Riversdal, Hessequa nuus'