RIVERSDAL NUUS - Tydens 'n spoggeleentheid op 11 Januarie by Leeuwenhof in Kaapstad, het die premier van die Wes-Kaap, Helen Zille, in samewerking met die Wes-Kaap onderwys departement, erkenning aan individue en skole verleen wat uitsonderlike prestasies tydens die 2017-matriekeksamen verwerf het.
Hoër Landbouskool Oakdale was een van 10 skole wat erkenning ontvang het vir die grootste toename in die presentasie van kandidate wat toegang tot Baccalaureus-graadstudies verkry het in die periode 2015 tot 2017.
Oakdale het ook op 17 Januarie tydens hul amptelike saalopening aan die 11 leerders wat gemiddelde A-simbole verwerf het, erkenning gegee.
Van die kandidate het reeds by verskeie tersiêre instansies aangemeld vir voortgesette studie tydens 2018.
'Ons bring jou die nuutste Riversdal, Hessequa nuus'