Dié program het die vorm van 'n talentsoektog aangeneem. Die bekende plaaslike akteur, William Michaels, is die breier op die gebied van die drama opleiding en het die stories geskryf wat deur die verskeie jeuggroepe opgevoer word. Die program, volgens Nadia Hector, maatskaplike werker, het ten doel om 'n positiewe leefstyl onder die jeug te bevorder om die euwels van drank- en dwelmmisbruik hok te slaan.
Hessequa Jeugforum
Die verrigtinge het ook die stigting van 'n Hessequa Jeugforum gesien. Verskeie sprekers, waaronder Kobus Smith (Suid-Kaap kollege, Hessequa-kampus prinsipaal), Anthony Bongolethu (projek koördineerder, departement waterwese) en Remi Daniels (ontwikkelingswerker), het die ongeveer 40 jeugdiges en die ander aanwesiges kortliks toegespreek. Smith het die jeug aangemoedig om die kanse wat vir hulle gebied word, met altwee hande aan te gryp. "Die beste van alles is dat jy niks hoef terug te betaal nie," het hy hulle motiveer.
Die lede van die Jeugforum is na die verskeie drama opvoerings aan die gehoor voorgestel, maar dis teleurstellend dat geen seuns hulle beskikbaar wou stel om op die forum te dien nie. 'n Groep jeugdiges is tot die bestuur van die Hessequa Jeugforum gekies om die skakel tussen die departement maatskaplike ontwikkeling en die jeug in die streek te wees, om die verskeie projekte tot die opheffing van die jeugsektor te bevorder en te implementeer.

Die groep jeugdiges vanoor die Hessequa-streek het verskeie drama opvoerings opgevoer tydens die departement maatskaplike ontwikkeling se Positiewe Leefstyl uitreikingsaksie.
'Ons bring jou die nuutste Heidelberg nuus'