STILBAAI NUUS - 'n Advertensiebord van plaaslike argitekte in dié kusdorp, asook twee blompotte is uit 'n erf in Melkhoutfontein deur diewe weggedra.
Die advertensiebord is vroeër vanjaar digby die Skulpiesbaai ontwikkeling in Stilbaai verwyder.
Die blompotte, waarvan een 'n groot roesbruin pot met vetplante is en die ander een 'n kleiner swart blompot van plastiek is uit 'n erf in Belmanstraat, Melkhoutfontein gesteel.
Enigiemand met inligting kan vir konstabel Erasmus by 079 894 1593 skakel.
'Ons bring jou die nuutste Stilbaai, Hessequa nuus'