STILBAAI NUUS - 'n Advertensiebord van plaaslike argitekte in dié kusdorp, asook twee blompotte is uit 'n erf in Melkhoutfontein deur diewe weggedra.
Die advertensiebord van Victor Visagie argitekte is tussen 11 en 25 Mei vanjaar van sy stutpale digby die Skulpiesbaai ontwikkeling in Stilbaai verwyder.
Die bord is 1.2 m x 1.2 m groot met 'n aluminium raamwerk.
Die blompotte, waarvan een 'n groot roesbruin pot met vetplante is en die ander een 'n kleiner swart blompot van plastiek is uit 'n erf in Belmanstraat, Melkhoutfontein gesteel.
"In albei sake is geen verdagtes geïdentifiseer nie en geen arrestasies is tot dusver gemaak nie," het ao. Morné D'Emiljo van Stilbaai-polisie gesê.
Enigiemand met inligting kan vir konstabel Erasmus by 079 894 1593 skakel. Alle inligting sal vertroulik hanteer word.
'Ons bring jou die nuutste Stilbaai, Hessequa nuus'