STILBAAI NUUS - Misdaadsyfers in die dorp en omgewing het beduidend gedaal gedurende inperking.
Só sê ao. Morné D’Emiljo van die plaaslike polisie. Hy bedank plaaslike gemeenskappe vir hul samewerking:
“Ons het hier en daar regulasie-oortredings, maar geen sake is aangemeld sedert die begin van die grendeltyd nie. Ons het groot waardering vir inwoners se gehoorsaamheid aan die inperkingsmaatreëls.”
Hy sê die polisie verstaan inwoners se frustrasies: “Polisielede is ook mense met kinders en familielede en verswakte grootouers en dies meer. Ons gaan deur dieselfde emosies en daarom sê ons dankie vir elkeen wat ons taak deur hul samewerking makliker maak.”
'Ons bring jou die nuutste Stilbaai, Hessequa nuus'