RIVERSDAL NUUS - Riversdal-polisie het Vrydag 6 November vir die tweede agtereenvolgende jaar na minderbevoorregte gemeenskappe uitgereik deur klere en kos te oorhandig.
Die projek staan as die Minderbevoorregte-projek bekend en die polisie maak grotendeels op skenkings van die gemeenskap staat om ander se harte te vebly.
Op De Draai-plaas was Susanna Pretorius oorstelp van vreugde toe kst Venia Daries haar met skenkings verrras het.
Mense wat skenkings aan die polisie wil maak kan Daries skakel (028 713 8541).
Lees meer in Suid-Kaap Forum en aanlyn.
'Ons bring jou die nuutste Riversdal, Hessequa nuus'