HEIDELBERG NUUS - Die plaaslike polisie het hulle hande vol met inbrake en diefstal, asook die nuwe neiging van jeudiges wat inwoners aanrand en van hul besittings beroof.
Die afgelope paar weke is by verskeie sakepersele, wonings en ook by De Waalville Primêre skool ingebreek. Jeugdiges so jonk as 13 tot 16 jaar is by ongeveer 20 misdaadsake die afgelope tyd betrokke.
Die voorvalle is nie meer net tot die Oos-Dorp beperk nie, maar raak die hele dorp.
Verskeie inwoners is deur jeudiges met skerp voorwerpe aangerand en beroof. Jeugdiges het ook by 'n drankwinkel in die Oos-Dorp ingebreek en met honderde rand se drank gevlug.
Die polisie doen 'n ernstige beroep op ouers om strenger beheer oor hul kinders uit te oefen.
Verskeie arrestasies is al gemaak. Enigiemand met inligting oor dié gemelde misdade kan met sp.sers. Whitey Solomon by 084 661 1155, die dienssentrum by 028 722 1910 of die noodnommer 10111 in verbinding tree.
'Ons bring jou die nuutste Heidelberg, Hessequa nuus'