RIVERSDAL NUUS - Twee kospakkies, wat deur ’n inisiatief van Riversdal-polisie se woordvoerder, konst. Venia Daries ingesamel is, is Vrydagoggend 7 Junie in Aloeridge en Riverville afgelewer.
Die twee huishoudings is deur Kindersorg en die ACVV as geïdentifiseer.
Die kospakkies is by die 24-jarige fisiek-gestremde, bedlêende ma van ’n seuntjie, en ’n pleegsorgma, wat pas nog twee verwaarloosde kinders onder haar vlerk geneem het, afgelewer.
Daries het die skenkings van nie-bederfbare voedsel soos meel, suiker, olie, droë bone en blikkieskos van mense buite die dorp ontvang.
• Lees meer in Suid-Kaap Forum en aanlyn.
'Ons bring jou die nuutste Riversdal, Hessequa nuus'