Donderdag, 23 Januarie het 'n groep konstabels vanoor die streek, onder die waaksame oog van maj. Jeremy Lewak, plaaslike stasiekommissaris, 'n kort Imbizo oor hul funksies in die Duivenhoks gemeenskapsaal meegemaak. Die Imbizo het deel uitgemaak van die nasionale polisiedag vieringe.
Lewak het die groep toegespreek oor hul pligte en verantwoordelikhede met betrekking tot onder andere gesinsgeweld, korrupsie, ontsnapping, vuurwapens en algemene dissipline.
Daar is ook groot klem gelê op hul verhoudinge met die gemeenskappe waar hul diens verrig. Daar is ook baie aandag aan die Batho Pele beginsels om Ubuntu te bevorder. Volgens Lewak is hy vol vertroue dat die groep die inligting wat aan hul deurgegee is, met oorgawe in hul verskeie gemeenskape sal toepas om goeie samewerking met alle rolspelers te bewerkstellig.

Die groep konstabels vanoor die Hessequa-streek het hul weereens vergewis van hul pligte en verantwoordelikhede tydens 'n Imbizo wat deel van die nasionale polisiedag-vieringe uitgemaak het. Hulle is deur maj. Jeremy Lewak (voor, derde van regs) toegespreek.