RIVERSDAL NUUS - Die polisie het tussen 10:00 en 12:00 op Dinsdag 13 Augustus op vervalste goedere ter waarde van sowat R3 000 beslag gelê.
In 'n gesamentlike operasie waaraan sektorbestuurder sers. Hans Busch, sosiale-misdaadbeampte sers. PC Thiart en konst. Venia Daries, mediaskakelpersoon saam met die Seaborders-beampte en verteen-woordigers van die afdeling vir nagemaakte goedere (fake goods) deelgeneem het, is klopjagte op ses informele winkels in die woonbuurte gedoen.
Die goedere sluit onder meer 54 pakkies suurdeeg, meer as 50 blikkies salf, 10 blikkies skoenpolitoer en 23 pakkies sanitêre doekies in.
"Die gemeenskap word op die gesondheidsrisiko wat vervalste goedere inhou gewys," het Daries gesê. Die oortreders is beboet.
'Ons bring jou die nuutste Riversdal, Hessequa nuus'