RIVERSDAL NUUS - 'n Misdaadvoorkomings-operasie Sondagoggend, 30 April, het uitstekende resultate opgelewer toe die plaaslike polisie op tien gevaarlike wapens beslag gelê het.
Dié operasie is gelei deur sers. Garnet Damans.
Hy sê met die optrede het hulle nie net daarin geslaag om gevaarlike wapens, wat tydens misdaad gebruik kon word af te neem nie, maar is dié tien beskuldigdes ook van die straat afgehaal en verhoed om verder by misdaad betrokke te raak.
Damans sê die nuus oor die polisie se stop en deursoek-operasie het gou deur die dorp versprei en beslis gehelp dat inbrekers se planne in die wiele gery is.
"Die uitwerking van die veldtog was uiters doeltreffend en ons kon duidelik sien dat daar 'n sterk afname was in die aanmelding van aanrandings en huisbrake.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’