RIVERSDAL NUUS - Die plaaslike polisie, onder leiding van sers. Jakobus Spangenberg van Mosselbaai se K9-eenheid, het verlede Saterdag, 28 Januarie, verskeie klopjagte in die Riversdal-omgewing uitgevoer.
Die inisiatief was daarop gemik om dwelmverwante misdade asook minder ernstige misdrywe te ondersoek en die verdagtes vas te trek.
Spangenberg, vergesel deur sers. Garnet Damans, konst. Edwin Kortjé en buurtwaglid Lee-John Vaaltyn het verskeie arrestasies uitgevoer wat verband hou met die handeldryf in dwelms, besit van gevaarlike wapens en ook 'n aanranding wat met gesinsgeweld verband hou.
Dwelms waarop die plaaslike Riversdal-polisie beslag gelê het tydens hul klopjagte.
'Ons bring jou die nuutste Riversdal, Hessequa nuus'