RIVERSDAL NUUS - Lede van die plaaslike polisiekantoor bewys dat hulle nie net wetstoepassers is nie, maar dat hulle ook diep omgee vir die gemeenskap.
Ao. Hans Busch, bestuurder van sektor 1 en konst. Venia Daries, polisiewoordvoerder het Dinsdag 28 April 'n kospakkie by 'n hulpbehoewende gesin in Kwanokuthula gaan afgee.
"Die gesin is afhanklik van die bejaarde moeder se staatstoelaag want haar dogter, die enigste broodwinner kan nie tydens die inperkingsperiode werk nie," het Daries gesê.
Polisielede het op Woensdag 29 April in dieselfde woonbuurt by 'n kleuterskool vir die kinders sop uitgedeel. "Die bestanddele is deur lede geskenk," sê sy.
Henna du Preez van Aalwynfleur het die sop gekook. Busch het die kinders een-een toegelaat om by die skoolhek in te stap om 'n koppie of bakkie sop by die kombuis te gaan haal.
Sers. Phillip Thiart en konst. Garnet Damans het buite gehelp dat die kinders die nodige afstand van mekaar handhaaf. Lt.kol. Delecia Isaacs het ook ingeloer om te sien of alles vlot verloop.
"Daar was ietsie oor die 100 kinders," sê Daries. "Almal wat in die ry kom staan het, het sop gekry en daar het niks oorgebly nie."
Van links is Juanita Olckers, ’n algemene werker by die polisiekantoor, konst. Venia Daries en sers. Annika du Preez skep sop in vir kinders van Kwanokuthula. Foto’s: Tisha Steyn
Dear reader, As your local news provider, we have the duty of keeping you factually informed on Covid-19 developments. As you may have noticed, mis- and disinformation (also known as “fake news”) is circulating online. Group Editors (publications and online platforms) is determined to filter through the masses of information doing the rounds and to separate truth from untruth in order to keep you adequately informed. Local newsrooms follow a strict pre-publication fact-checking protocol. A national task team has been established to assist in bringing you credible news reports on Covid-19.
'Ons bring jou die nuutste Riversdal, Hessequa nuus'