HESSEQUA NUUS - ‘n Hele paar strande, insluitend Stilbaai, Gourits en Mosselbaai, is weereens met plastiekballetjies (nurdles) besaai.
Die vorige keer was in 2017.
Die balletjies hou ‘n groot gevaar vir seelewe in, daarom vra die Stranded Marine Animal Rescue Team (S.M.A.R.T.) inwoners se hulp om hulle te help om dit op te ruim.
Hulle kan by 072 227 4715 gekontak word vir 'n aflaaipunt.
Hierdie plastiekballetjies hou ‘n groot gevaar vir marienelewe in.
• Lees meer in Suid-Kaap Forum en aanlyn.
'Ons bring jou die nuutste Hessequa nuus'