Die projek onder staan bekend as ‘Stories uit Melkhoutfontein’, wat aanvanklik as Ouma Penvloei bekendgestaan het. Prinsloo was Woensdagmiddag 11 Mei op Melkhoutfontein om met van die ouer inwoners van die dorpie te gesels.
Die doelwit is om stories uit 'n gemeenskap te versamel, dit te verfilm en tydens die Universiteit van Stellenbosch Woordfees beskikbaar te stel vir die publiek. Haar eerste projek, ‘Stories uit Skurweberg’ (Ceres), is baie suksesvol geloods tydens die Woordfees.
