RIVERSDAL NUUS - Een van Riversdal se grootste rugbyondersteuners is Maandag 7 November oorlede.
Clifford Abrahams, meer bekend as Pla-Pla, is Vrydag 4 November in Riversdal-hospitaal opgeneem.
Hy is Saterdag na George provinsiale hospitaal oorgeplaas, waar hy aan hartversaking oorlede is.
Pla-Pla laat 'n seun, Clinton, sy moeder, twee susters en drie broers agter.
'Ons bring jou die nuutste Riversdal, Hessequa nuus'