Gallery Video
RIVERSDAL NUUSFLITS EN VIDEO - Athur Abrahamse (44) het tydens die OCC wedren op George, Sondag 18 Februarie ’n goue medalje in sy klas vir die 21 km gewen.
Hy is van 1994 af ’n kwadrupleeg en het besluit om met die driewiel handrolstoel wat twee jaar gelede aan hom geskenk is te begin oefen.
Hy het glad nie verwag om so goed te presteer nie omdat hy as gevolg van siekte eers onlangs kon begin ry het.
Sy volgende uitdaging is om die Argus volgende jaar te ry en sodoende geld vir huis Wallace Anderson, waar hy woon en werk in te samel.
Hy het met die Suid-Kaap Forum gesels en vertel hoe hy ’n kwadrupleeg geword het en wat die lewe daarna vir hom ingehou het.
Om te sien hoe hy met dié rolstoel beweeg kyk na die video:
Lees meer in Donderdag se Suid-Kaap Forum, asook aanlyn.
'Ons bring jou die nuutste Riversdal, Hessequa nuus'