Gallery
STILBAAI NUUS - Modelle, sangers en dansers van so jonk as vyf jaar tot ouer as 30 het aan die halfeindronde van die South African Championship of Performing Arts (SACOPA) se talentkompetisie deelgeneem.
Die geleentheid het op Saterdag 4 Junie in die plaaslike gemeenskapsaal plaasgevind en deelnemers het dit behoorlik uitgespook om plekke los te slaan om in die eerste week van Oktober in Rustenburg aan die SAs deel te neem.
Volgens Elmarie Grobler, organiseerder en een van die drie direkteure van SACOPA is daar twee halfeindrondes. Een vir die Suid-Kaap en een in Kaapstad.
FOTOGALERY: South African Championship of Performing Arts talentkompetisie
'Ons bring jou die nuutste Stilbaai, Hessequa nuus'