HEIDELBERG NUUS - ’n Plaasboer van Heidelberg is nou keelvol vir vandale wat die besproeiingstelsel se waterpype en die sproeiers beskadig wanneer hulle die perseel betree op pad na die rivier.
Volgens die plaasbestuurder, Marius Kluyts is hy raadop oor die verliese wat hulle ly as die kwaaddoeners kortpad na die rivier vat.
Volgens ao Alroy Windvogel, plaaslike kommunikasiebeampte is hulle bewus van die misdade wat daar gepleeg word, maar ontbreek die nodige inligting om diegene wat vir die vandalisme verantwoordelik is, vas te keer.
Hy doen ’n dringende beroep op enigiemand wat inligting kan verskaf wat sal lei tot die skuldigbevinding van die kwaaddoeners om die polisie te kontak (028 722 1910).
• Lees meer in Suid-Kaap Forum en aanlyn
Dis van die sproeiers wat gedurig gesteel en beskadig word.
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'