RIVERSDAL NUUS - Personeel en pasiënte het die hospitaal se 100ste verjaarsdag tydens 'n spesiale seremonie op Donderdag 23 Maart gevier.
Die hospitaal het die mylpaal reeds op 10 Maart bereik alhoewel die seremonie later gehou is.
Die hospitaal is op 10 Maart 1923 geopen as 'n 10-bed fasiliteit. Nou, 100 jaar later is vele aanbouings en verbeterings al aangebring en is die hospitaal tans 'n 50-bed fasiliteit.
"Ons is trots op ons diens en dit is 'n voorreg om ons gemeenskappe te bedien. Ons sien uit na die volgende 100 jaar," het dr. Gideon van Tonder, mediesebestuurder van die Hessequa subdistrik gesê.
Personeel tydens die boomplantseremonie.
Personeel het ‘n bederfie geniet as deel van die vieringe.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’