RIVERSDAL NUUS - ‘n Beloning is uitgereik vir enigiemand wat met inligting vorendag kan kom om ‘n Persiese kat wat vanoggend (9 Desember) in die vroeë oggendure in Langstraat weggeraak het.
Die kat se naam is Judy.
Volgens Rebecca Moolman, Judy se eienaar sal sy ‘n aansienlike beloning betaal aan die persoon wat haar kat aan haar terugbesorg.
Judy is twee en ‘n half jaar oud.
Judy het ‘n goue bandjie met pienk versiering in, aangehad.
Moolman kan geskakel word by 082 878 3404.
'Ons bring jou die nuutste Riversdal, Hessequa nuus'