Gallery Video
HEIDELBERG NUUS EN VIDEO - Annatjie Venter van Heidelberg het as kind baie verwerping ervaar en daarom met perde begin werk.
“Dit voel vir my of ek iets reg doen in die lewe wanneer ek ’n perd se vertroue wen of ’n perd kan red,” het sy vertel.
Sy is te vroeg gebore en is as ’n sewe-maande-oue baba in ’n broeikas geplaas.
Omdat sy te veel suurstof gegee is, het dit haar brein en oogkoördinasie belemmer. Hoewel sy as kind en nou ook as vrou nie goeie balans het nie, is sy vry wanneer sy op ’n perd klim.
• Lees meer in Suid-Kaap Forum en aanlyn.
Kyk 'n video hieronder:
'Ons bring jou die nuutste Heidelberg, Hessequa nuus'