HEIDELBERG NUUS - Marie, weduwee van wyle past. John Februarie het onlangs die leisels by die Arise and Shine Revival Ministries oorgeneem na haar eggenoot verlede jaar na 'n kort siekbed oorlede is.
Past. Karel Philander van Swellendam AGS het haar as pastoor georden.
Die ordeningsdiens het in die Heidelberg-stadsaal plaasgevind. Sy is deur haar pa, Raymond Saayman, ouderling en bekende kinderregte-aktivis tydens die verrigtinge met haar toga bekleed.
Februarie sit voor, tweede van links langs haar pa en verskeie kerkraadslede.
'Ons bring jou die nuutste Heidelberg, Hessequa nuus'