HEIDELBERG NUUS - Die plaaslike polisie rig 'n ernstige waarskuwing aan alle inwoners om teen internetslenters te waak waartydens onskuldige voornemende kopers duisende rand verloor.
Volgens ao. Alroy Windvogel word mense nog gereeld deur kubermisdadigers gevang wat verskeie items, maar veral voertuie, karavane, bote en fietse as te koop, asook huise te huur op die internet adverteer.
Belangstellendes word aangeraai om die geld elektronies in te betaal, maar die produk word net nooit afgelewer of deur die koper verkry nie.
Huise of woonstelle word ook baie keer geadverteer wat glad nie bestaan nie, of alreeds aan ander kopers of huurders verkoop of verhuur is.
"Moet nooit geld oorbetaal as jy nie seker is dat die transaksie eg is nie," maan Windvogel.
'Ons bring jou die nuutste Heidelberg, Hessequa nuus'