RIVERSDAL NUUS - Niemand sê maklik nee vir 'n soet papaja nie, veral nie as hulle in oorvloed by jou voordeur groei nie. Petrus van der Nest van Riversdal reken sy papajaboom moet 'n raar spesie wees, omdat dit sonder ophou nuwe vrugte dra.
Hy wys trots na die nuwe blomme wat reeds bo-aan die boom gevorm het. "Ek gaan vrugteslaai moet maak vir 'n vale!"
Die 80-jarige Van der Nest het egter ewe veel sukses met ander groente ook. Sy reusepatats is nou klaar, maar piesangs hang in trosse aan die piesangboom, terwyl aartappels, rissies en ander groente welig in sy tuin staan.
Hy reken daar is nie 'n resep nie. Volgens hom is hy net gelukkig met plante.
'Ons bring jou die nuutste Riversdal, Hessequa nuus'