HEIDELBERG NUUS - Die plaaslike pampoenfeeskomitee onder leiding van die feesvoorsitter, Altus Joubert, het onlangs die inwoners en bestuur van Huis Zenobia du Toit (HZDT) verras met 'n skenking van broodnodige benodighede vir die tehuis.
Die skenking het verskeie items soos breekgoed, vrugte en wol ingesluit.
Welkome skenking. Huis Zenobia du Toit het 'n skenking van huishoudelike items van die pampoenfeeskomitee af ontvang. By die oorhandiging was sittende van links: Annatjie Stander (inwoner), sers. Denis van Rooyen en Maria Grundlingh (inwoner). Staande: Caroline Kluyts (inwoner), Anél Snyman (huishoudelike bestuurder), Heidi de Jager (HZDT-bestuurder), Altus Joubert (pampoenfeesvoorsitter) en Mike Amos (feeskomiteelid).
'Ons bring jou die nuutste Heidelberg, Hessequa nuus'