HEIDELBERG NUUS - Vanjaar se Groot Pampoenfees op Heidelberg het weereens groter as groot pampoene opgelewer.
Jacob du Plessis van Villiers het hier so amper die Suid-Afrikanse rekord verbeter, maar sy pampoen van 601 kg was nét te lig.
Die SA-rekord staan op 613 kg. Dié rekord-pampoen het vandag (Saterdag 9 Maart) die skaal op 613 kg in Gauteng laat kreun.
Piet en Elizna Lotz het vanjaar die tweede en derde plekke opgeraap.
Van links is Elizna Lotz in die derde plek. Haar pampoen het 460 kg geweeg. In die middel is Jacob du Plessis en regs, Piet Lotz in die tweede plek met ‘n pampoen van 510 kg.
'Ons bring jou die nuutste Heidelberg, Hessequa nuus'