STILBAAI NUUS - Oudewerfskloof se OWK Picuale is by die pas afgelope Absa-kompetisie vir Suid-Afrikaanse olyfolies aangewys as een van die tien beste olyfolies in die land.
Die plaas het 40 ha onder olyfbome - dis ongeveer 15 000 bome - waarvan die helfte al in produksie is.
Hulle verbou agt verskillende kultivars op die plaas en benewens olyfolie produseer hulle ook gebottelde olywe.
'Ons bring jou die nuutste Stilbaai, Hessequa nuus'