HEIDELBERG NUUS - Studente van die Athlone Opleidingskool (AOS) in die Paarl, gedurende die jare 1972 en 1973 het die naweek van 23 September 'n mini-reünie op Wilderness gehou.
Die geleentheid is 'n opvolg van die groot reünie na 43 jaar wat die naweek van
13 Februarie verlede jaar in die Paarl gehou is.
Die 22 'seenagers' soos hulle na hulself verwys, het die tydjie terdeë geniet en beplan reeds hul volgende byeenkoms.
Die senior opvoeders se leuse is 'Sestig +, nie uit nie.'
Agter, van links: Carol Pockpas, Maudie Lee, Justine King, Stephanie Rippenaar, Linda China, Angela Horn en Beatrice Engel. Middel: Berenise Witbooi, Eliza Mouton, Magdalene Lotz, Elanie Erasmus, Glynis Spandill, Claudette Jansen, Maureen Prins, Linda Paulsen, Leoni Flories en Francis Willemse. Voor: Wilhelmina Groenewald, Patricia de Vries, Magdalene Prins, Catherine Jason en Elfrieda Petersen.
ARTIKEL EN FOTO: CLIVE PRETORIUS, SUID-KAAP FORUM KORRESPONDENT
'Ons bring jou die nuutste Heidelberg, Hessequa nuus'