RIVERSDAL NUUS - Noreth Muller-Kluits, oud-leerder van Hoërskool Langenhoven, Riversdal wat in 2007 matrikuleer het, het ‘n groot passie vir bemagtiging van persone met gestremdhede.
Sy verkry haar maatskaplike graad op Stellenbosch Universiteit, waarna sy by ‘n maatskaplike organisasie vir persone met gestremdhede in die Overstrand begin werk.
In 2017 slaag sy haar meestersgraad in maatskaplike werk cum laude, waarna sy vir haar doktorsgraad in maatskaplike werk isnkryf.
Sy is tans in die akademie binne die veld van gestremdheid betrokke en hoop om verandering op grond- en beleidsvlak in die toekoms in te bring.
Lees meer in Suid-Kaap Forum en aanlyn.
'Ons bring jou die nuutste Riversdal, Hessequa nuus'