Volgens die persoon, wie verkies om anoniem te bly is dit belaglik dat iemand so ver sal ry om vullis langs die pad in Garcia pas te laat.
Hessequa munisipaliteit het 'n verordening in plek om rommelstrooi aan te spreek en kan 'n boete van R500 opgelê word vir die oortreding. Volgens die verordening (Art. 18/(1)(b)) mag geen persoon enige afval hoegenaamd stort, versamel, plaas, aflaai of laat, hetsy vir wins of andersins, of veroorsaak of toelaat om gestort, versamel, geplaas, afgelaai of gelaat te word op of in (i) enige pad, snelweg, straat, laan, openbare voetpad of sypaadjie of enige padgrens of (ii) enige meentgrond, dorpstuin, park, ontspanningsgrond of ander openbare plek waartoe die publiek toegang het.
Wat 'n onooglike skande!