Die oorledene, Heather October (26) is in die Hoofweg om 00:25 deur 'n motor getref terwyl sy en haar vriend, Brian Jacobs van Kaapstad, op die sypaadjie geloop het nadat hulle van 'n vriendin teruggekeer het op pad huis toe.
Volgens lt Mathilda van Reenen, plaaslike stasiekommissaris, is sy en haar vriend deur 'n plaaslike jongman, wat 'n Golf bestuur het, op die sypaadjie getref.
Sy het aan veelvuldige beserings op die toneel gesterf. Jacobs is na behandeling in Swellendam Hospitaal na Tygerberg met ernstige beserings, oorgeplaas.
Die bestuurder van die motor, Franklin Edwards (26) het Maandag, 8 September in die landdroshof op Swellendam op verskeie aanklagte, waaronder strafbare manslag, bestuur sonder geldige lisensie, van die ongelukstoneel weggery, moord en poging tot moord, verskyn.
Die saak is tot 18 September vir borgtog aansoek uitgestel.
Hy bly in aanhouding.
Die nadoodse ondersoek was nog nie teen saktyd gedoen nie.
Klik hier vir 'n verwante nuusflits.

Heather October kort voor haar dood.
'Ons bring jou die nuutste Suurbraak, Hessequa nuus'