Hendrik Visser: Bestuurder boubeplanning, beheer en omgewing verduidelik.
"Die besluit was gebasseer op die feit dat dit dienooreenkomstig is met die raad se goedgekeurde langtermyn finansiële plan en spesifiek gerig is om die toenemende druk op die likiditeit sowel as die kontantvloei van die munisipaliteit te verlig.
"Die raad se voorneme om gedeeltes van erf 657 te onderverdeel en moontlik later te vervreem geskied streng ingevolge toepaslike wetgewing.
"Verwarring het ontstaan by die publiek dat ontwikkelingsvoorstelle reeds bekom is vir die twee gedeeltes van erf 657.
"Daar is egter duidelik in die advertensie genoem dat die vervreemding oorweeg word ten einde ontwikkelingsvoorstelle te bekom.
Lees meer hieroor in Donderdag se Suid-Kaap FORUM, asook aanlyn.