Riversdal Biblioteek het met die tema Ondersteun gestremdes in jou gemeenskap 'n program aangebied in samewerking met die Vereniging vir Gestremdes. Dit het gestrek oor twee dae, 19 en 20 November en het gassprekers ouers met gestremde kinders toegespreek. As deel van die program is die burgemeester uitgedaag en het sy op 19 November haar werkstake aangepak in 'n rolstoel.
Nel noem na haar ondervinding dat mens nie weet hoe dit voel om in 'n rolstoel te sit nie. " 'n Mens kry nuwe begrip vir persone in rolstoele. Die uitdaging van pyn, jou omgewing en omstandighede word getoets en kry mens die gevoel van frustrasie bo en behalwe jou fisiese gestremdheid."
Vir haar was dit 'n goeie ondervinding, maar ook dat mens in staat is om enigiets te doen wat oor jou pad kom. "Wees dankbaar vir jou gesondheid en moet nooit sê ek kan nie."
Behou jou waardigheid
Thinus Duvenhage van Huis Wallace Anderson en Erna de Jager van Tehuis Ou Meule het bemoedigende woorde aan die ouers oorgedra. Duvenhage het klem gelê op die aanvaarding van mense in rolstoele se posisie en omstandighede.
"Alhoewel jy jou onafhanklikheid verloor, moet jy jou waardigheid behou. Moenie skaam wees omadt jy in 'n rolstoel is nie. Leer 'n nuwe vaardigheid aan wat binne jou vermoë is. Positiewe denke en 'n gesonde lewenstyl is van kardinale belang." Dit is vir haar belangrik dat 'n gestremde moet aanpas by sy of haar omstandighede.
"Kry 'n manier om jouself te help en indien jy hulp benodig, vra vir hulp. Dis waarvoor jy 'n mond gekry het. Stel vir jouself doelwitte en bereik hulle."
Om 'n ma van 'n gestremde te wees
Sharon du Toit en Joria Swart, beide ma's van gestremde kinders het woorde van wysheid met die groep gedeel. Vir Du Toit is dit belangrik om staat te maak op haar geloof in God.
"Glo in die Here se pad en drome vir jou en jou kind. Elke dag is 'n proses, 'n wonderwerk in wording." Swart het haar verhaal gedeel van die pad wat sy met haar seun loop. "Deur die genade van God se liefde vat ons dit dag vir dag. Die ondersteuning van mede-ouers is kosbaar. Niemand weet hoe die pad vorentoe gaan lyk nie, maar deur geestelike en emosionele ondersteuning, is die pad nie so duister nie."
Kleuters van 'n plaaslike speelgroepie het gesorg vir vermaak met 'n paar liedjies. Susanna Vermeulen, maatskaplike werker in Hessequa nooi enige persoon of kinders met gestremdhede om met haar kontak te maak vir hulp.
* Besoek www.suidkaapforum.com vir 'n galery van die geleentheid.
*IN SHORT
Riversdale Library decided to focus on the month of the disabled on 19 and 20 November. Guest speakers addressed parents with disabled children. In a bid to focus on the daily struggles of disabled people the Executive Mayor of Hessequa, Clr Emor Nel took on a challenge to spend three hours in a wheelchair.
In comment she said that the challenge opened her eyes on disabled peoples daily struggles like getting around in a wheelchair. Two parents of disabled children, Sharon du Toit and Joria Swart shared their experiences.
Klik hier vir 'n vorige nuusflits.
Klik hier vir 'n fotogalery.

Kleuters het die teenwoordiges vermaak met 'n paar liedjies.
'Ons bring jou die nuutste Hessequa nuus'