Teen Vrydag, 22 Augustus was die brand onder beheer, maar 23 500 hektaar het in die slag gebly. Maandag moes brandbestryders egter weer bontstaan nadat dit weer opgevlam het.
Volgens Charl Wade, streeksbestuurder: SCFPA (South Cape Fire Protection Association) het 'n weerligstraal op 17 Augustus die brand veroorsaak in die berge naby Heidelberg. Dit het vinnig in 'n Noord-Oostelike rigting versprei. "Dit was moeilik bereikbaar weens geografiese hindernisse, met die gevolg dat spanne van CapeNature op 'n gereedheidsbasis op verskeie strategiese plekke geplaas is."
Eden Distrik Munisipaliteit brandweer was onder leiding van stasie offisier Wayne Young op die toneel om bystand te verleen nadat dit bo-op Kopberg gebrand en in 'n Oostelike rigting versprei het.
Spanne van CapeNature het die brand onverpoosd bestry vanaf Grootvaderbosch met behulp van grondeienaars. Volgens Wade was daar in dié stadium geen direkte gevaar vir enige infrastruktuur, menslike lewens of kleinvee nie.
"Die vuur is gemonitor en beveg deur 35 brandbestryders op strategiese plekke". Stormsterk Westelike winde het die vuur handuit laat ruk, wat toe wel die infrastruktuur en kleinvei in gevaar gestel het, waarna brandspanne van Eden, gestasioneer op Riversdal en in George onmiddelik uitgestuur is om bystand te verleen.
Nadat die vuur teen Dinsdag, 19 Augustus versprei het na Gysmanshoek Pas en verdere gevaar ook vir plase ingehou het, is addisionele bronne en bystand van CapeNature en Cape Pine ontplooi in 'n verdere poging om dit onder beheer te kry.
"Omdat die vuur teen Woensdag, 20 Augustus buite beheer was, is 'n besluit geneem om 'n Gesamentelikke Operasie Sentrum (GOS) op Riversdal te vestig omdat dit op daardie stadium geblyk het dat dit katastrofiese gevolge vir menselewens en infrastruktuur kan inhou," het Wade gesê.
Meer as 140 brandweermanne, 16 brandweerwaens en nooddiens voertuie, twee helikopters en 'n spotter vliegtuig is ingespan om die vuur onder beheer te kry. Rolspelers van Eden Distriks Munisipaliteit, Hessequa Munisipaliteit, SCFPA, Working on Fire, Cape Pine en CapeNature, asook privaat grondeienaars was aktief betrokke by die operasie.
*IN SHORT
Approximately 23 500 hectares burnt down in a fire in die Langeberg Mountains, started by lightning. More than 140 fire fighters, 16 Fire Engines and emergency response vehicles, two helicopters and a Spotter aircraft from various role players like the Eden District Municipality, Hessequa Municipality, South Cape Fire Protection Association, Working on Fire, Cape Pine and CapeNature actively battled the fire for more than five days.
Klik hier vir 'n verwante artikel.

Die enorme omvang van die brand kan hier gesien word. Foto verskaf deur SCFPA.
ARTIKEL: LOUISE MOUTON, SUID-KAAP FORUM JOERNALIS
'Ons bring jou die nuutste Hessequa nuus'