Gallery
RIVERSDAL NUUS - Makadas het onlangs ’n nuwe jas gekry en is amptelik op Woensdag 15 Mei ingewy.
Liezel Karelse het baie aandag uitgelok omdat sy ’n vrou is wat volgens ander mans, beter as hulle kan sweis.
Die gemeenskapspolisieëringsforum (GPF) het in samewerking met Hessequa-munisipaliteit ’n projek geloods om dié lokomotief op te knap.
Hendrik Saayman (88) van Riversdal was vir 30 jaar ’n treinbestuurder. Hy het staaltjies van sy treinry-dae vertel.
Grant Riddles, Hessequa uitvoerende burgemeester, Johan Jacobs, munisipale bestuurder, Andrew Stroebel, speaker, Beth Paine, GPF voorsitter het die geleentheid bygewoon.
Lees meer in Donderdag se Suid-Kaap Forum en aanlyn.
Liezel Karelse en haar span.
Andrew Stroebel, Grant Riddles, Beth Paine en Johan Jacobs wy die nuwe plaatjie waarop die trein se naam en nommer is in.
'Ons bring jou die nuutste Riversdal, Hessequa nuus'