STILBAAI NUUSFLITS - Dié kusdorp bied Saterdag 25 en Sondag 26 November ‘n opblaasbootwedren aan met die tweede ronde van die Westelike Provinsie se 2017/2018-streekskampioenskap by Lappiesbaai se hoofstrand.
Dit is die laaste byeenkoms voor die jaarlikse Trans Agulhas-uitdaging wat op 28 Desember in Plettenbergbaai begin.
Die kompetisie begin Saterdag met die branderkompetisie vanaf 09:00 tot 15:00.
Sondag neem die spanne aan ‘n langafstandren van ongeveer 130 kilometer deel wat om 09:00 by die hoofstrand begin en ongeveer 13:00 weer daar eindig.
Toegang is gratis.
Lees meer in Donderdag se Suid-Kaap Forum, asook aanlyn.
ARTIKEL: ELZA THIART-BOTES, SUID-KAAP FORUM KORRESPONDENT
'Ons bring jou die nuutste Stilbaai, Hessequa nuus'