HESSEQUA NUUS - Die toestemming om weer eredienste te begin hou, onderhewig aan streng veiligheidsmaatreëls, blyk nie vir alle kerke prakties uitvoerbaar te wees nie.
Hoewel sommiges 'n toets in die 'nuwe normaal' gaan doen, het ander gemeentes besluit om dinge te hou soos dit was tydens die afgelope twee maande.
Past. Phil Smythe van die Langeberg Christian Fellowship op Heidelberg sê hulle het besluit om 'n kans te waag. Die United Church op Stilbaai gaan eers vanaf 28 Junie weer dienste in die kerk begin hou.
Riversdal se AGS-gemeente daarenteen en die NG-Kerk Stilbaai se status quo sal vir eers bly soos dit was.
• Lees meer in Suid-Kaap Forum en aanlyn.
'Ons bring jou die nuutste Hessequa nuus'