STILBAAI NUUS - Ignatius Martinus van Rooyen van Stilbaai het op 8 November sy 100ste verjaarsdag gevier.
Die uitvoerende burgemeester, Grant Riddles, vergesel van Thinus van den Berg, wyksraadslid het hom Vrydag, 12 November besoek in die Carewell Versorgingsoord.
Oom Inus tree op 22 Maart 1947 tree hy in die huwelik met Nantie Dannhauser, sy ou maat vir 64 jaar. Sy het hom 10 jaar gelede ontval.
Hy het 'n jonger broer gehad wat reeds ook oorlede is.
'Ons bring jou die nuutste Stilbaai, Hessequa nuus'