RIVERSDAL NUUS - Oom Hendrik Saayman van Riversdal het verlede week 92 geword.
Hy het hierdie merkwaardige mylpaal by sy dogter in Reebok gevier.
Oom Hendrik is 'n inwoner van die Ou Meule Tehuis in Riversdal, maar is nog in goeie gesondheid.
Hy spog dat hy op sy negentigste verjaarsdag nog sy eie springbok geskiet het en hy is 'n bewys dat ouderdom net 'n nommer is.
Die 92-jarige oom Hendrik Saayman van die Ou Meule Tehuis in Riversdal met die kierie van 'n springbokhoring van die bok wat hy op 90-jarige ouderdom geskiet het.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’