HESSEQUA NUUS - Drie babas het dié feesseisoen die lig gesien.
Miriam Fall van Riversdal het op Kersdag geboorte aan 'n gesonde babadogtertjie geskenk. Fall se dogtertjie, wat nog nie 'n naam gehad het nie, het die skaal op 4 kg getrek en is 51 cm lank. Sy het haar verskyning om 16:15 gemaak.
Heidelberg se ooievaar het ook sy feesseisoen babas op Kers- en Nuwejaarsdag opgelewer.
Op Kersdag om ongeveer 01:30 is Maria Metz (33) se seun, Margo gebore. Margo, die derde kind van Metz, het by geboorte 2,4 kg geweeg en is 35cm lank.
Op Nuwejaarsdag het Devonia Klim (21) geboorte geskenk aan haar eersteling, 'n dogter genaamd Chanique. Sy het 3,7 kg geweeg en is 51cm lank. Beide moeders bly in Joe Slovo Park. Al die babas is in Riversdal-hospitaal gebore.
Maria Metz saam met haar babaseun, Margo. Foto: Clive Pretorius, korrespondent.
Devonia Klim en Anrich Oktober, trotse ouers spog hier saam met hul eersteling, Chanique Klim. Foto: Clive Pretorius, korrespondent.
'Ons bring jou die nuutste Hessequa nuus'