Video
MELKHOUTFONTEIN NUUS & VIDEO - Melkhoutfontein Primêr het Vrydag 29 Julie afskeid geneem van Alfred Manhoe wat sedert 2000 diep spore getrap het as opvoeder by dié skool.
Manhoe het in 1987 sy onderwysstudies voltooi by die destydse OKSK in Oudtshoorn en het in 1988 sy onderwysloopbaan begin by Gerrit du Plessis in Riversdal.
In 2000 het hy huis toe gekom om 'n verskil te kom maak in Melkhoutfontein.
Hier het hy ook 'n groot bydrae gelewer in die gemeenskap sowel as in die kerk.
Melkhoutfontein Primêr se leerders vorm 'n erewag vir Alfred Manhoe wat sedert 2000 diep spore getrap het as opvoeder by dié skool.
VIDEO: Onderwyslegende lê tuig neer
'Ons bring jou die nuutste Melkhoutfontein, Hessequa nuus'