HESSEQUA NUUS - Eskom het ‘n kennisgewing uitgestuur aangaande ‘n onderbreking in die elektrisiteitstoevoer op Donderdag, 24 Maart.
Die gebiede wat geaffekteer word, is Stilbaai (dorp), Melkhoutfontein, Jongensfontein en die omliggende gebiede.
Riversdal en Albertinia sal egter 10 minute aan die begin en 10 minute na die onderbreking ook af wees.
Vir enige navrae, skakel 086 003 7566.
'Ons bring jou die nuutste Hessequa nuus'