RIVERSDAL NUUS - Hannelie en Rina Pretorius het die personeel van Riversdal Dierekliniek verras met 'n skenking van gehekelde komberse vir die viervoetiges in nood.
Hanri Diere-projekte samel stukke oorskietwol in en sit dan baie tyd en liefde in hul eindprodukte.
"Hul onbaatsugtige diens om die lewens van troeteldiere in nood te verlig, word opreg waardeer. Die komberse is lekker dik en bied wonderlike isolasie teen die koue vloere vir die pasiënte.
"Komberse is altyd welkom, aangesien sommige pasiënte tot vier stelle beddegoed benodig per dag en party redelik vernielsugtig kan wees," het Rachel Naude-van der Watt gesê.
Natasha Venter van Eldad Persoonlike Dieresorg op Riversdal was totaal en al oorstelp met haar skenking. Sy pleegsorg gereeld honde vir wie geskikte huise gesoek word en die skenking is besonder welkom.
'Ons bring jou die nuutste Riversdal, Hessequa nuus'