Sy begin haar loopbaan as kleuterskoolonderwyseres by Protea-Speelgroep, Theronsville, Albertinia, waarna sy haar eie speelgroepie vanuit haar eie huis bedryf het. In 1998 aanvaar sy die betrekking as graad R-opvoeder by Oker Primêre skool.
Haar kollegas het haar altyd beny vir die rustigheid en verdraagsaamheid waarmee sy met die kinders omgegaan het, liefdevol, maar tog ferm.
Wyle Medea laat 'n groot leemte en sal beslis gemis word by Oker Primêre skool. (Jacobus Tarantal, skoolhoof).

Juffrou Medea Jansen se dogter, Mirian Kwiesa, asook haar seun, Preston Kwiesa, neem hul moeder na haar laaste rusplek. Foto: Heinrich Fortuin