RIVERSDAL NUUS - Hoër Landbouskool Oakdale het vanjaar by die nasionale jeugskoukampioenskap gepronk.
Leerders van die landbouskool in Riversdal het met hul vaardigheid die westelike provinsie se span gehelp om as die algehele wenner by vanjaar se SA jeugskoukampioenskap aangewys te word.
Sewentien Oakdalers is in die WP-span ingesluit.
Hulle het teen die res van die land se agt provinsies meegeding.
Die leerders het individueel en as groep altesaam twintig goue, silwer- en bronsmedaljes ingepalm.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’