Gallery Video
RIVERSDAL NUUS & VIDEO - kykNET se Skole Top 10-span het Donderdag, 13 Mei by die Hoër Landbouskool Oakdale in Riversdal gaan kuier. Die insetsel sal eersdaags op die kassie verskyn.
In die program kan kykers daarna uitsien om meer te leer van die skool se boerdery en ook die karakter van tradisie, kameraadskap en broederskap tussen die hoërskoolseuns waarneem.
Hierdie episode sal Maandag, 24 Mei op DSTV kanaal 146 om 17:30 uitsaai en sal die moeite werd wees om te kyk.
Heruitsendings sal op Woensdag om 19:30, Donderdag om 12:30, Vrydag om 16:30 en Saterdag om 18:00 gebeeldsend word.
Kyk 'n voorsmakie hieronder.
Fotogalery: KykNet se Skole Top 10 kuier by Oakdale
Lees meer in Suid-Kaap Forum en aanlyn.
'Ons bring jou die nuutste Riversdal, Hessequa nuus'