RIVERSDAL SKOLE NUUS - Na afloop van die SWD Hoërskole-rugbyproewe het 24 Oakdalers SWD-kleure in rugby verwerf.
Agt leerders sal die SWD by die o.18 Cravenweek verteenwoordig, terwyl sewe spelers by die o.18 Akademieweek in Bloemfontein sal uitdraf.
Met die o.16 Grant-Khomoweek by Hoërskool Rob Ferreira in Mpumalanga sal nege Bulle vir SWD op die veld draf.
"Oakdale is baie trots op hierdie leerders, maar dra ook baie erkenning en dank op aan die onderskeie afrigters wat hul sedert o.14 afgerig het," sê mnr. André Latsky, skoolhoof.
SWD o.18-Cravenweekspan: Agter, van links: Janus Ferreira, Hendrik Victor, Neil Francis en Vernon Paulo. Voor: Tino Singe, Corné Rahl, Alwich van der Linde en Malcolm Joseph.
SWD o.18-Akademiespan: Agter, van links: Sybrand van Dyk, Kaylim Cordier, Marnitz Mellet en Petri Steyn. Voor: Nico Pietersen, Keaton Busch en Matthew Stephens.
SWD o.16-Grant Khomo-span: Agter, van links: Simeon Oosthuizen, Dian Heunis, Johan Durr, Philip Kleynhans en Paul de Villiers. Voor: Morné Els, Neil le Roux, Riaan Swart en Enrique Arendse.
'Ons bring jou die nuutste Riversdal, Hessequa nuus'