RIVERSDAL SKOLE NUUS - Die matriekprestasie van Chris Pretorius is iets besonders, volgens die skoolhoof, mnr. André Latsky. Pretorius het in gr. 8 by Oakdale aangesluit.
Hy het in 2012 'n permanente suprapubikale kateter gekry wat hy steeds dra as gevolg van 'n sistiese gewas in sy rugmurg by T5-T6 met siringomiëlie (syringomyelia) van C2 tot L1 in sy rugmurg. Hy het ook skoliose oor die rugmurg.
Sy vasberade gesindheid het daartoe bygedra dat hy op vele terreine vir sy medeleerders 'n inspirasie was.
Hy was dikwels onder mediese behandeling en was vir lang periodes afwesig. Vir die volle duur van die vyf jaar op Oakdale het sy pa Johannes hom daagliks vanaf Stilbaai na Riversdal vervoer. Ten spyte van swak gesondheid het sy pligsbesef en positiewe lewensuitkyk hom met 'n gemiddelde persentasie van 71,1% laat slaag. Hy het ook in wiskunde 'n gemiddeld van 84% behaal.
'Ons bring jou die nuutste Riversdal, Hessequa nuus'